Speel in tune
Sing in tune
Wees in tune met jouself
Wees in tune met ander mense

InTune Musiekskool bied top gehalte musiekonderrig aan leerders en maak voorsiening vir verskeie behoeftes. Ons skep ‘n spasie vir leerders om kreatief te wees, hulself uit te leef en ‘n lewenslange liefde vir musiek te kweek.

Musiek is ‘n holistiese oplossing. Dit ontwikkel die brein. Dit bevorder wiskunde vaardigheid. Behalwe vir geheue en konsentrasie bevordering, dra dit ook by tot sosiale vaardighede en dissipline. Musiek bring genesing.

Ons waardes:

Uitnemendheid

Ontwikkeling van elke leerder se musikale vermoë tot die beste van sy/haar vermoë

Blootstelling

Geleenthede vir elke leerder om by formele en informele geleenthede op te tree

Liefde

Kweek van ‘n lewenslange liefde vir musiek by elke leerder

Atmosfeer

Skep van ‘n veilige hawe vir elke leerder om hulself ten volle te kan uitleef

Eksamens

Geleentheid om internasionale en plaaslike eksamens af te lê

Holistiese aanslag

Omvattende benadering om verskeie akademiese, sosiale en emosionele vaardighede te ontwikkel

afAfrikaans